
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Ons Musiek |
Radio Sarie bevorder Afrikaans, een manier om dit te doen is deur ons Afrikaanse kunstenaars bekend te stel en hulle musiek te speel. Indien u 'n nuwe sanger of orkes is kontak ons gerus. Ons sal na u musiek luister en indien dit aanvaarbaar is vir Radio Sarie sal ons u ook gratis van raad en kontakte in die musiek bedryf voorsien. Met u goedkeuring stuur ons dan ook u musiek aan ander radio stasies wat dit dalk kan uitsaai. Alhoewel Sarie Marais.Com en Radio Sarie nie 'n "kerk" radio is nie, glo ons in Christelikke waardes en om daardie rede is daar van die nuwe Afrikaanse musiek wat nie op Radio Sarie gespeel word nie. Ons glo dat jy jouself kan geniet sonder om Gods lasterlik te wees. Radio Sarie en ons Gesels Forum is kinder vriendelik. Dit wat nie voor kinders gesê sal word nie sal ook nie op die lug gehoor word nie. Indien u na goeie, prettige radio wil luister kom sluit gerus aan by ons Forum, gesels saam en skakel in op Radio Sarie. |