
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
Welkom by Radio Sarie |
Wie sou kon dink dat in hierdie tyd van moderne tegnologie daar mense is wat alles eenkant toe skuif om na 'n radio stasie te luister, en dit na 'n klomp onprofesionele omroepers ! Wel, amper almal is on profesioneel. Daar is 'n paar bekende omroepers wat by streeks radio stasies in SA werk wat hul gewig by ons ingegooi het en wanneer moontlik dan skuif hulle agter die mokrofoon in en bied 'n program aan, Radio Sarie is die eerste internet radio stasie wat gebruik gemaak het van omroepers. Daar was wel ander voor ons, maar niemand het lewendig uitgesaai en omroepers gebruik nie. Radio Sarie is deel van die webblad Sarie Marais. Com die doel van Sarie Marais. Com en Radio Sarie is dus dieselfde. Ons bevorder Afrikaans en ons kultuur wêreldwyd. Alhoewel Radio Sarie hoofsaaklik forum gebaseerd is, saai ons ook op FM uit vanaf Stoke on Trent in Engeland. Ons het wel 'n baie klein fm opvangs gebied, maar dit is weer 'n eerste. Radio Sarie is die eerste Afrikaanse internet radiostasie wat eers op die internet begin uitsaai het en toe uitgebrei het na FM toe. Radio Sarie is hoofsaaklik forum gebaseer. Ons gesels forum lede kuier op die forum terwyl hulle na ons radio luister. Die omroeper is ook op die forum ingeskakel en neem dus aktief deel aan die forum gesprekke. Ons forum lede woon reg oor die wêreld en die forum en radio verseker dat ons gereeld bymekaar kom en partytjie hou. Omdat al ons omroepers ook forum lede is saai hulle uit hul huise waar hulle ookal mag woon. Suid - Afrika, Engeland, die VSA, oral. Omdat ons omroepers en forum lede so wyd versprei is gee dit ons ook die voordeel om baie keer vars nuus reg uit die perd se bek uit te kry. Radio Sarie gee dan ook gereeld nuus deur aan die groter radio stasies in Suid Afrika. Ons programme is in ligte luim. Ons kuier gewoontlik saans na werk op die forum en dan wil mense ontspan. Radio Sarie sorg daarvoor, ons lag en gesels. Vir stres en stry het ons nie tyd nie. Radio Sarie en Sarie Marais.Com probeer ook so ver moontlik om ons mense in nood te help. Ons enigste vereiste is dat die versoek deur ons aktiewe forum lede gedoen word. Ons doen alles uit ons eie sak en kan dus ongelukkig nie almal help wat vra om hulp nie. |